• Login
  • Search Icon

VSA dalk sonder oordragmielies

21 Jun 2011
Een van die knapste mielie-eindvoorrade in jare staar Amerika ?n die res van die wêreld in die gesig n? die verwagte Amerikaanse mielie-aanplantings in 2011/’12 drasties met 1,5 miljoen akker (sowat 600 000 ha) verlaag is. Die Amerikaanse departement van landbou het in sy jongste maandverslag oor die internasionale vraag na en aanbod van landbou-gewasse die verwagte wêreld-eindvoorraad vir mielies skerp met 17,3 miljoen ton verlaag. Mielieproduksie in Amerika is met 305 miljoen skepels vanaf die vorige maand-vooruitskatting verlaag. Die verwagte Amerikaanse mielie-eindvoorraad is met 35 miljoen skepels verlaag.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vsa-dalk-sonder-oordragmielies