• Login
  • Search Icon

Vrystaatse boere maak self pad reg

07 Jul 2011
Die patetiese toestand van Vrystaatse paaie is opnuut in die kollig nadat boere van die distrik Hobhouse self die slaggate op die pad tussen Ladybrand en Hobhouse begin regmaak het. Die swak toestand van di? pad het reeds groot skade vir boere in die omgewing veroorsaak en tientalle boere is nou besig om saam met hul werkers die pad reg te maak. Volgens mnr. Hannes Olivier, ’n boer van Hobhouse, het die groep boere die nodige re?lings met die provinsiale departement van paaie en administrasie getref voor hulle aan die werk gespring het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vrystaatse-boere-maak-self-pad-reg