• Login
  • Search Icon

Von Abo gaan aanhou baklei

05 Apr 2011
Hoewel die Suid-Afrikaanse boer mnr. Crawford von Abo sy eis van miljoene rande teen die regering oor sy plase in Zimbabwe gister verloor het, is die einde van di? jare lange regstryd nog nie in sig nie. Vyf appèlregters het eenparig beslis die bevel van die hooggeregshof in Pretoria dat die regering Von Abo se Zimbabwe-skade moet vergoed, is strydig met die geldende reg en dele daarvan is onuitvoerbaar. Die regering het nie ongeskonde daarvan afgekom nie. Die regters het beslis die regering het Von Abo se herhaalde versoeke om hulp om sy Zimbabwe-eiendom terug te kry onbekwaam hanteer. Hulle het saamgestem met die hooggeregshof se bevinding dat die regering se hantering van die Von Abo-saak “in kwade trou en irrasioneel” was.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Von-Abo-gaan-aanhou-baklei-20110404