• Login
  • Search Icon

Volstruisvleis mag weer uitgevoer word

10 Oct 2011
Volstruisvleis buite die Klein Karoo-vallei kan van vandag af weer na die buiteland uitgevoer word. Volstruisvleis uit Suid-Afrika behoort al teen die naweek in Europa beskikbaar te wees met die slag van volstruise wat vandag op Mosselbaai, Swellendam, Graaff-Reinet en Malmesbury begin. ’n Algehele verbod op die uitvoer van volstruisvleis is in April ingestel nadat die H5N2-virus op ’n plaas in die Klein Karoo-vallei gekry is. Daarna is die virus in Julie op Heidelberg gevind. Opvolgtoetse wat later gedoen is op die plaas by Heidelberg waar die virus gevind is, het skoon getoets. ’n Drie maande lange tydperk het gevolg waarin die virus nie op plase buite die Klein Karoo-vallei voorgekom het nie.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Volstruisvleis-mag-weer-uitgevoer-word-20111009