• Login
  • Search Icon

Voerkraal onder kwarantyn oor bek-en-klouseer

23 Mar 2011
’n Voerkraal in Gauteng, wie se identiteit kragtens die Wet op Dieresiektes nie bekend gemaak mag word nie, is onder kwarantyn geplaas met die oog op moontlike bek-en-klouseer. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sê in ’n verklaring dit het aan die lig gekom dat diere vanuit Vryheid in KwaZulu-Natal na die voerkraal vervoer is en die kwarantyn is as ’n voorkomende maatre?l ingestel. Vryheid is in die beskermde gebied wat deur die departement afgekondig is, waar verskerpte waarneming en toetse vir die siekte gedoen word, maar waar die beweging van diere nog nie beperk word nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/voerkraal-onder-kwarantyn-oor-bek-en-klouseer