• Login
  • Search Icon

VN ondersoek SA voedselsekerheid

05 Jul 2011
Die Verenigde Nasies (VN) gaan vandeesmaand Suid-Afrika se reg tot voedsel ondersoek met tot 14% van die bevolking wat deur wanvoeding geraak word. Luidens ’n verklaring sal mnr. Olivier de Schutter, ’n spesiale ondersoekbeampte vir die VN, Suid-Afrika amptelik van 7 tot 15 Julie besoek om die land se reg tot voedsel onder o? te neem. Die organisasie sê volgens die jongste statistiek word 14% van die land se bevolking deur wanvoeding geraak met 25% van kinders onder die ouderdom van ses wie se ontwikkeling weens wanvoeding benadeel word.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/vn-ondersoek-sa-voedselsekerheid