• Login
  • Search Icon

Vloedskade kos Vrystaat meer as R900 m.

05 Apr 2011
Vloedskade in die Vrystaat n? die baie ho? re?nval die afgelope somer beloop nagenoeg R950miljoen. S? het me. Mamiki Qabathe, LUR vir samewerkende regering,menslike vestiging en tradisionele sake, gister hier in die departement se begrotingsrede gesê. Vanjaar se vloede het ontsettende skade in die provinsie aangerig. Pres. Jacob Zuma het drie distrikte, Thaba Mofutsanyana, Xhariep en Fezile Dabi, tot rampgebied verklaar, het sy gesê. Volgens Qabathe is ’n volledige verslag oor die skade aan die nasionale departement gestuur in ’n poging om hulp van hulle en die presidensie te kry.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vloedskade-kos-Vrystaat-meer-as-R900-m-20110404