• Login
  • Search Icon

Veediefstal: Probleem in Bothaville

05 Jul 2011
Boere in die Bothaville-distrik loop ten minste een keer elke twee weke onder veediewe deur en raak keelvol daarvoor. Mnr. Rudolf van der Berg sê hy boer al 51 jaar op sy plaas sowat 3 km buite die dorp, en sy vee word gemiddeld drie keer per jaar gesteel. “Soms verloor jy tot 10% van jou skaapomset in ‘n jaar,” vertel hy. Die afgelope naweek is 75 dragtige ooie by Van der Berg gesteel, maar hy sê met behulp van Vrystaat Landbou se plaaslike veiligheidskomitee is die vee teruggevind. Boere in die omgewing vermoed dis ‘n sindikaat se handewerk.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/veediefstal-probleem-bothaville