• Login
  • Search Icon

Uitvoer dan 'onbehoorlik' - Tina

30 Mar 2012
Suid-Afrikaanse boere behoort nie hul produkte uit te voer as daar Suid-Afrikaners is wat honger ly nie, meen me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. “Hoe kan jy uitvoer as daar mense om die hoek is wat honger ly?” sê sy. Sy het gepraat op die geselligheid waarby die departement se Vroueboer van die Jaar aangewys is. Sy het ’n beroep op boere gedoen om oorskot-produkte wat hulle nie kan verkoop nie, aan sopkombuise en skole te skenk. Voedselsekerheid Sy het dit egter verwelkom dat Suid-Afrika voedselsekerheid geniet en steeds ’n netto uitvoerder van kos is. Di? teenstrydige uitlatings kom te midde van onder meer rekord-uitvoer van Suid-Afrikaanse wit mielies na Mexiko. Di? land word deur ’n uitgerekte droogte geteister. Teen middel Maart is 1,6 miljoen ton van Suid-Afrika se wit mielies al uitgevoer, waarvan meer as 1 miljoen ton na Mexiko.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/uitvoer-dan-onbehoorlik-tina