• Login
  • Search Icon

Trekkerverkope verdubbel

07 Oct 2011
Trekkerverkope van 893 eenhede in September is meer as dubbel die verkope van 426 eenhede wat verlede September aangemeld is. Mnr. Lane Reynolds, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, sê buiten verkope vir Oktober 2008, toe 963 eenhede verkoop is, is dit die tweede hoogste verkoopsyfer vir ’n maand sedert Junie 1983. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 43% ho?r as verkope vir die eerste nege maande van verlede jaar. Stroperverkope van 19 eenhede in September is aansienlik ho?r as die 7 eenhede wat in September verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope van 194 eenhede 24% ho?r as verkope vir die eerste nege maande van verlede jaar.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/trekkerverkope-verdubbel