• Login
  • Search Icon

Trekkerverkope styg met bykans 50%

08 Jun 2011
Die verkope van nuwe trekkers was in Mei vanjaar 49% ho?r as in Mei verlede jaar. Nie minder nie as 449 nuwe trekkers het in die maand nuwe spore op plase getrap teenoor die 299 van verlede jaar. Mnr. Lane Reynolds, voorsitter van die Suid-Afrikaanse landboumasjinerie-vereniging (Saama), sê die toename van 49% kan misleidend wees omdat dit slegs vir een maand is en nie ’n jaarsyfer nie. In die jaar tot dusver is 22% meer nuwe trekkers verkoop as in die eerste vyf maande van verlede jaar.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Trekkerverkope-styg-met-bykans-50-20110608