• Login
  • Search Icon

TLU SA: 33 plaasmoorde in 2010/11

09 Sep 2011
Dit blyk dat 33 plaasmoorde in die afgelope boekjaar voorgekom het, volgens statistiek van die TLU SA. Die organisasie sê hy is steeds bitter ontevrede dat die staat nie meer plaasmoorde apart van ander moorde aanteken nie. Die organisasie sê hulle is wel bewus daarvan dat die plaasmoordsyfer waarskynlik ho?r is. Volgens sy statistiek is dit ongeveer 86 per 100 000 van die boeregemeenskap. “Dit is dus steeds skrikwekkend hoog,” lui ’n verklaring. Die moordsyfer van 15 940 vir die tydperk van April 2010 tot Maart 2011 wat mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, Donderdag (8 September 2011) aangekondig het, verteenwoordig volgens die TLU SA sowat 44 moorde per dag. “Dit is skreiend hoog as dit aan die wêreldgemiddelde gemeet moet word, en is selfs ho?r as die sterftesyfer in die meeste oorlogsgebiede.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/tlu-sa-33-plaasmoorde-201011