• Login
  • Search Icon

TLU SA lei regsaksie teen Sasol

18 Nov 2009
Die TLU SA is besig om ?n regsaksie teen Sasol te ko?rdineer. Volgens mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, volg hierdie stap op Sasol se erkenning aan die mededingingsowerhede dat hy die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998) oortree het. Die tweede rede vir die regsaksie is die forensiese ondersoek na stygende kunsmispryse wat onlangs deur dr. Philip Theunissen, ?n forensiese rekenmeester, afgehandel is. Uit di? ondersoek wil dit voorkom of Sasol Nitro se kli?nte tussen 1998 en 2004 sowat 35% te veel vir kunsmis opgedok het, s? Van Zyl. ?Die TLU SA wil beklemtoon dat ons nie vyande van Sasol of enige kunsmismaatskappy is nie en nie onregmatigheid teenoor Sasol wil toelaat nie. Sasol behoort egter te besef dat die TLU SA se mandaat hom daartoe verbind om deurgaans te verseker dat daar in die kommersi?le boer se beste belang opgetree word,? s? Van Zyl.

http://www.fin24.com/Economy/End-of-fuel-strike-may-be-in-sight-20110721