• Login
  • Search Icon

TLU SA daag Zuma uit oor uitsprake

23 Jun 2011
Die TLU SA het pres. Jacob Zuma en sy kabinet uitgedaag om standpunt in te neem oor of alle Suid-Afrikaners onder die Grondwet werklik gelyk geag word. Di? uitdaging is gerig na aanleiding van die ANC-jeugliga se aandrang dat grond sonder vergoeding van boere gevat moet word. Eiendomsreg word beskerm “Ons neem kennis van en verstaan die onlangse uitlatings oor nasionalisering en grondbesit,” het mnr. Ben Marais, TLU SA se voorsitter, in ’n verklaring gesê. “Dit beteken nie dat ons as boere goedsmoeds ons grond wat ons deur jare opgebou en bewerk het, aan enigiemand gaan afstaan sonder vergoeding nie. Individuele eiendomsreg word internasionaal erken en beskerm, en elke boer sal daardie reg met hand en tand beskerm,” sê Marais.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/tlu-sa-daag-zuma-uit-oor-uitsprake