• Login
  • Search Icon

Swak paaie dwing VS-boere op hul knie

28 Jun 2011
Boere in die Wes-Vrystaat word op hul knie? gedwing weens die swak toestand van die pad tussen Dealesville en Hertzogville (die R59). Nie net ly boere enorme geldelike verliese nie, maar is hulle en hul families se lewe in gevaar wat daagliks die pad moet gebruik. Boere van die Dealesville-distrik het verlede week ’n dringende vergadering gehou om regshulp in te win oor di? pad wat in absolute flarde is. Elke stukkie pad hier is met slaggate oortrek. Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou (VL), sê die tragedie is dat die probleem nie slegs tot boere in die distrik beperk is nie, maar oor die hele provinsie is boere in ’n krisis gedompel.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Swak-paaie-dwing-VS-boere-op-hul-kniee-20110627