• Login
  • Search Icon

Stikstof is sondebok in klimaat

26 May 2011
’n Tiende van die wêreld se kweekhuisgasse kan op die misbruik van stikstof geblameer word, sê prof. Robin Barnard, ’n navorser van die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut vir Grond, Klimaat en Water. Di? stelling is gegrond op studies wat deur die interregeringspaneel vir klimaatsveranderinge (IPCC) gedoen is. Daarvolgens is 10% van alle kweekhuisgasse stikstofoksied. Di? gas is onder meer die oorsaak van verkeerde toediening van kunsmis of humus.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/stikstof-sondebok-klimaat