• Login
  • Search Icon

Staking: Kommer oor veiligheid

14 Jul 2011
Boere is bekommerd oor landelike veiligheid met die staking in die petroleumbedryf wat voorrade raak, aldus Agri SA. Mnr. Andre Botha, die voorsitter van die organisasie se landelike veiligheidskomitee, sê hy is tans besig om met die polisie te skakel om vas te stel of ‘n tekort aan brandstof ‘n impak op patrolering en dies meer sal hê. “En gaan dit ‘n impak hê op reaksie tye, en gaan ambulanse in staat wees om vinnig te reageer sou ‘n krisis voorkom”, sê Botha.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/staking-kommer-oor-veiligheid