• Login
  • Search Icon

Staat moet meeste grond besit, meen ANC

01 Sep 2011
Die ANC wil die staat die grootste grondeienaar in die land maak deur beperkings te plaas op die hoeveelheid grond wat private individue mag besit. Buitelanders sal voorts beperkte besitreg hê en op streng voorwaardes grond kan bekom, soos dat dit vir “juiste doeleindes” aangewend moet word om voedselsekerheid te bevorder. Di? ingrypende voorstelle is vervat in die langverwagte groenskrif op grondhervorming wat mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister op ’n inligtingsessie by die parlement bekend gemaak het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Staat-moet-meeste-grond-besit-meen-ANC-20110831