• Login
  • Search Icon

Skerp styging in wolpryse

17 Jan 2008
PORT ELIZABETH: Die eerste veiling n? die Kersreses het op ?n ho? noot afgeskop toe pryse skerp gestyg het en Cape Wools se Merino-aanwyser met 6,4% verstewig het om op R61,31/kg (skoon) te sluit. Dit het die aanwyser weer tot bokant die sleutelvlak van R60/kg gestoot en is 9,6% ho?r as die openingsveiling. Dit was goeie nuus vir wolboere n? die glanslose vertoning in Desember toe pryse effens teruruggesak het, hoofsaaklik as gevolg van ?n sterk rand. Die rand was op vandeesweek se veiling 1,8% swakker teenoor die Amerikaanse dollar en die euro. Daar was sterk mededinging onder vetwoluitvoerders en plaaslike verwerkers vir die groot aanbod van 13 500 bale, die naasgrootste aanbod van die seisoen. Die verkooppersentasie was 94%. Die grootste stygings was in die 21 mikron tot 24 mikronkategorie?, wat met gemiddeld tussen 7% en 11% verstewig het. Dit lyk asof daar ?n tekort aan mediumwol aan die ontwikkel is. Toetsresultate in Australi? tot einde Desember 2007 toon ?n groot afname in volume wol van 21 mikron tot 25 mikron wat getoets is. Die grootste kopers was die twee vetwoluitvoerders Standard Wool SA en Modiano. Gemiddelde prysbewegings van AWEX-tipes, MF4 en MF5 van 70 mm en 80 mm was soos volg: 19 mikron styg met 4,9% tot R77,82/kg; 20 mikron verbeter met 7,5% tot R68,83/kg; 21 mikron verstewig met 7,1% tot R62,66/kg, 22 mikron was 8,7% duurder op R60,42/kg, 23 mikron verstewig met 11,1% tot R58,50/kg en 24 was 8,7% duurder op R54,52/kg. Sowat 12 00 bale sal volgende week aangebied word.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2246959,00.html