• Login
  • Search Icon

Shell kontak boere glo een-een

23 Mar 2011
Dit wil vir hom voorkom of Karoo-boere nou afsonderlik deur Shell gekontak word om hulle oor gaseksplorasie in die Karoo te oortuig, het mnr. Douglas Stern, voorsitter van die Sneeuberg-landbouvereniging, gesê. Die 48 boere in die vereniging het, nadat Shell se eksplorasie-planne in Februarie bekend gemaak is, mnr. Derek Light van Graaff-Reinet as hul regsverteenwoordiger aangestel. “Aanvanklik het ek die een-een-storie net as gerugte beskou, maar toe bel ’n verteenwoordiger van Golder Associates (Shell se konsultantegroep) na my huis en vra my vrou, Liz, die kontakbesonderhede van die Sneeuberg-boere.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Shell-kontak-boere-glo-een-een-20110322