• Login
  • Search Icon

SAID laat boere lank wag

29 Mar 2011
Dit lyk asof ’n vrot vis in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se waters rondbeweeg met sommige boere in die Vrystaat wat al twee jaar lank op volledige BTW-uitbetalings wag. Verskeie klagtes oor laat uitbetalings het Landbou.com die afgelope paar weke bereik. Van die boere beweer dat bedrae van tot R400 000 aan hulle geskuld word, en dat hulle ten spyte van verskeie navrae aan die SAID steeds geen behoorlike terugvoering kry nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/said-laat-boere-lank-wag