• Login
  • Search Icon

Saadbedryf toon ’n puik omset

30 May 2011
Die Suid-Afrikaanse saadbedryf se omset het die afgelope jaar tot amper R3,6 miljard gestyg – 10% ho?r as die vorige jaar. Meer as 70% daarvan was saad vir akkerbougewasse, 17% was groentesaad en 8% weiding- en voergewassaad. Afgevaardigdes op die kongres van die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (Sansor) buite Kleinmond in die Wes-Kaap het gehoor dat die gebruik van geneties gemodifiseerde (GM) saad by sekere gewasse sterk gevestig is. Alle katoensaad wat gebruik word, is GM saad, terwyl 85% van alle sojasaad en 77% van alle mieliesaad GM saad is. Hoewel dit volgens mnr. Gerrie Reitsma, hoofbestuurder van Sansor, die vertroue van boere in biotegnologie toon, is daar talle markte waar daar steeds ’n vraag is na bastersaad wat met tradisionele metodes geteel is.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/saadbedryf-toon-n-puik-omset