• Login
  • Search Icon

SA op koers na 3,4%, reken Pravin

01 Jun 2011
Suid-Afrika is op koers om ’n groeikoers van 3,4% vir die jaar haal, het mnr. Pravin Gordhan, die minister van finansies, in Kaapstad gesê. Gordhan het aan die parlement se finansies-komitee gesê die eerste kwartaal se syfers vir die BBP dui daarop. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die land se ekonomie in die eerste drie maande van 2011 met 4,8% gegroei. Die verwagting was 4,25%. Dit is ook beter as die 4,5% van die laaste kwartaal van 2010.

http://www.sake24.com/Ekonomie/SA-op-koers-na-34-reken-Pravin-20110531