• Login
  • Search Icon

Reuse-potensiaal vir pluimvee

02 Jun 2011
Afrika is ’n groot gebied wat reuse-potensiaal vir die pluimveebedryf inhou, sê die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging (SAPA). Mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van SAPA, sê volgens die jongste statistiek sal die vasteland se groeikoers teen 2020 na verwagting ,6 triljoen beloop, met ’n tekort van meer as 23 miljoen ton hoendervleis en sowat 12 miljoen ton eiers wat voorspel word. Afrika se totale verbruik van hoendervleis sal teen 2050 na verwagting 29 698 miljoen ton beloop, terwyl 16 487 miljoen ton eiers verbruik kan word. Groeiende bevolking Lovell sê volgens die data gaan Afrika se bevolking ook aansienlik groei, en die meeste van die mense sal in stedelike gebiede woon. Die grootste bevolkingsgroei word vir Oos-Afrika voorspel. Verlede jaar het di? bevolking op sowat 300 miljoen gestaan, wat teen 2050 na verwagting tot 711 miljoen kan groei.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/reuse-potensiaal-vir-pluimvee