• Login
  • Search Icon

Rentekoers skep kanse vir landbou

28 Mar 2011
Die feit dat rentekoerse steeds laag is en nie vandeesweek deur die monitêre beleidskomitee aangepas is nie, is baie goeie nuus vir die landbou, sê ’n ekonoom. Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, sê ’n repo-rentekoers van 5,5% beteken dat kapitaal-investering in nuwe tegnologie en so meer vir boere en landbou-ondernemings moontlik is. “Met die huidige internasionale kommoditeitspryse en volumes skilder dit ’n baie gunstige prentjie vir die landbou. Dit verlig ook lewenskoste deur die loop van die jaar vir boere,” sê ’n optimistiese Janovsky.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/rentekoers-skep-kanse-vir-landbou