• Login
  • Search Icon

Rand versterk weens beplande ingryping

18 Mar 2011
Die rand het in oggendverhandelinge met meer as 2% teenoor die dollar verstewig, met nuus van ’n beplande ingryping deur die G7-lande om ’n skerp styging in die Japanse jen die hoof te bied. Die rand het teen 09:53 verhandel teen R7,02 teenoor die dollar in vergelyking met R7,14 toe die JSE Donderdag gesluit het. “Ons wil ons solidariteit met die Japanse mense in hierdie moeilike tye betoon, ons gereedheid vir enige nodige samewerking aanbied en ons vertroue in die veerkragtigheid van die Japanse ekonomie en finansi?le sektor, uitspreek,” het die G7 in ’n verklaring gesê.

http://www.sake24.com/Markte/Rand-versterk-weens-beplande-ingryping-20110318