• Login
  • Search Icon

Politiek ‘hoort nie in landbou’

08 Mar 2012
Politiek hoort nie in die landbou nie, en vir die bedryf se voortbestaan is eenheid in die georganiseerde landbou nodig, aldus mnr. Neels Ferreira, uittredende voorsitter van Graan SA. Tydens die organisasie se jaarkongres by Bothaville het Ferreira Graan SA-lede se ondersteuning gevra vir die inisiatief wat reeds bestaan om samewerking binne die sektor te bewerkstellig. “Ons wil niemand wegwens nie, maar indien ons nie leierskap aan die dag lê vir die landbou nie, moet ons nie wag vir Eskom om die ligte af te skakel nie. Politiek hoort nie in die landbou nie, die spesifieke doel daarvan is om plattelandse ekonomie? te stimuleer en groei te bewerkstellig,” aldus Ferreira.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/politiek-hoort-nie-landbou