• Login
  • Search Icon

Pluimveeboere: Sukses lê in die noorde

21 Jun 2011
Die toekoms lê noord vir diegene wat hul boerderye wil uitbrei, sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die SA Pluimveevereniging (SAPV). Lovell het op die Avi Afrika-kongres van die SAPV naby Johannesburg gesê Suider-Afrika is kleiner met ’n laer verstedelikingspersentasie. “Teen 2050 gaan daar ’n oorskot pluimveeprodukte wees, terwyl die res van Afrika ’n groot tekort van meer as 18 keer die Suider-Afrikaanse mark gaan hê.” Hy sê Afrika bied uitstekende handelsgeleenthede vir voedselproduksie, want die bevolkingsgroei is die hoogste ter wêreld “en mense moet eet”. Afrika sal na verwagting teen 2014 die meeste mense in die werkende ouderdomsgroep hê. Die landelike bevolking wat hul eie kos produseer, is besig om te krimp en verstedeliking neem dramaties toe, terwyl die vasteland oor meer as 60% ongebruikte landbougrond beskik.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/pluimveeboere-sukses-l-die-noorde