• Login
  • Search Icon

Oplossing vir klimaat moontlik – Zuma

28 Nov 2011
Veranderinge en oplossings is altyd moontlik, maar dan moet partye verby hul eie nasionale belange kyk in hul soeke na globale oplossings, sê pres. Jacob Zuma. Hy het tydens die amptelike opening van COP 17, die internasionale klimaatberaad in Durban, gesê verskillende lande het verskillende sieninge oor klimaatsverandering omdat die invloed daarvan in die onderskeie wêrelddele verskil. “In Afrika is dit ’n kwessie van lewe of dood.” Volgens hom is Afrika meer kwesbaar omdat armoede mense se vermo? om te kan aanpas, beperk.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/oplossing-vir-klimaat-moontlik-zuma