• Login
  • Search Icon

Ongekende groei vir GM gewasse

13 Feb 2012
Die aanplanting van gewasse wat met behulp van biotegnologie verbeter is, het in 15 jaar wêreldwyd van minder as 2 miljoen ha tot meer as 160 miljoen ha toegeneem. Dit is die landbou-tegnologie waarby die beste in die moderne geskiedenis aangepas is. Die internasionale diens vir die bevordering van landboubiotegnologie (ISAAA) het bekend gemaak dat die aanplanting van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse verlede jaar wêreldwyd met 12 miljoen ha toegeneem het – ’n jaarlikse groeikoers van 8%. Mnr. Clive James, voorsitter van die ISAAA, sê die ongekende toename in die aanvaarding van die tegnologie wys dat daar oorweldigende vertroue in biotegnologie- gewasse by miljoene boere bestaan.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/ongekende-groei-vir-gm-gewasse