• Login
  • Search Icon

Ondersoek na diefstal van stoetvers ‘sensitief’

14 Mar 2011
Die polisie se ondersoek na die diefstal van ’n stoetvers wat die afgelope week hier by die slagplaas aangebring is om geslag te word is “in ’n baie sensitiewe stadium”. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê hy kan nie nou bevestig of ontken ’n polisieman is by die diefstal betrokke nie. Die aangeleentheid word deur die polisie se veediefstaleenheid ondersoek. Volksblad het Donderdag berig hoe die oplettendheid van ’n klant en van die eienaarbestuurder van Meat4u, mej. Isobel de Villiers, die vers van sowat R15000 van die vleispot gered het. Die klant het opgemerk die bees is beslis te mooi vir ’n slagbees en moet sekerlik ’n stoetdier wees. De Villiers het toe deur die brandmerk en met die hulp van die departement van landbou vasgestel die vers is op die plaas van mnr. Jan van Rensburg in die distrik gesteel.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Ondersoek-na-diefstal-van-stoetvers-sensitief-20110314