• Login
  • Search Icon

Nuwe pos moet grondhervorming laat vlot

28 Jun 2011
Die nuwe pos van waardeerder-generaal wat toesig hou oor grondwaardasies gaan geskep word om die herverspreiding van grond gladder te laat verloop, het pres. Jacob Zuma gister aangekondig. Zuma het in sy openingstoespraak voor Cosatu se sentralekomitee-vergadering gesê naas die waardeerder-generaal gaan daar ’n grondbestuurskommissie tot stand kom wat grondtransaksies kan ondersoek en titelaktes kan hersien. Zuma het gesê die regering het sedert 1994 op die mark staatgemaak om te bepaal watter grond hy aankoop vir herverspreiding en teen watter prys.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Nuwe-pos-moet-grondhervorming-laat-vlot-20110627