• Login
  • Search Icon

Nog ’n Limpopo-boer aangeval

31 May 2011
’n Veeboer van Limpopo is die Saterdag (28 Mei) 15 keer met ’n mes gesteek tydens ’n struweling met drie verdagtes. Luidens ’n berig in Beeld (30 Mei) is die 49-jarige mnr. Jan Louw ook in sy long gesteek, en hy lê tans in die waakeenheid van di e Zuid-Afrikaanse Hospitaal in Pretoria. Louw en die 21-jarige mnr. Petrus Landman, seun van sy lewensmaat, me Coleen Liddle, is op die plaas Nooitgedacht in die distrik Makhado aangeval. Die drie het Saterdagmiddag omstreeks 17:00 die honde op die werf hoor blaf, waarna Louw en Landman gaan ondersoek instel het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/nog-n-limpopo-boer-aangeval