• Login
  • Search Icon

Mulder: Boere moet hul beveilig

20 Jun 2011
Boere moet hulself beveilig in die lig van mnr. Julius Malema se uitsprake, wat nou konflik terugbring, het dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, gister gewaarsku. Mulder het gesê die klimaat wat deur Malema se uitsprake geskep word, kan net tot meer plaasmoorde en onnodige geweld lei. Daarom doen die VF+ ’n beroep op boere om hulle voorlopig in hul eie belang in landelike beveiligingstrukture te organiseer. Hy het in ’n verklaring gesê as Malema nie met so ’n oorweldigende meerderheid herkies is as ANC-jeugleier nie, kon sy roekelose stellings oor grond en die nasionalisering van myne geïgnoreer word. Die vraag is of die afgelope week se ANC-jeugkongres ’n kykie in die toekoms van Suid-Afrika gee en of dit slegs korttermyn- populistiese uitsprake van ’n werklose jeug is wat hul frustrasies op ander (wit mense) projekteer.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Mulder-Boere-moet-hul-beveilig-20110619