• Login
  • Search Icon

Miljoene mense opnuut in armoede gedompel

04 Oct 2011
Kos is wêreldwyd 39% duurder as ’n jaar gelede, sê die landbou-organisasie TLU SA in sy jongste nuusbrief. Die organisasie haal die Wêreldbank aan wat sê di? prysstyging het 44miljoen mense in die ontwikkelende wêreld opnuut in armoede gedompel. Volgens syfers wat in die nuusbrief gepubliseer is, gaan 925miljoen mense oor die wêreld heen saans honger slaap, terwyl daar elke dag 219000 nuwe babas gebore word wat die druk op voedselproduksie verhoog. Die afgelope boekjaar het die wêreld meer graan verbruik as wat hy geproduseer het. In die ontwikkelende wêreld het graanverbruik die laaste 30 jaar met 80% toegeneem, terwyl die vleisverbruik die laaste drie jaar verdubbel het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Miljoene-mense-opnuut-in-armoede-gedompel-20111003