• Login
  • Search Icon

Mielietrust ondersoek mynbesoedeling

22 Mar 2012
Die Mielietrust ondersoek die gevolge van besoedeling deur myne in Mpumalanga, sê mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA. Luidens ’n berig in Beeld is die ondersoek onderneem op versoek van die organisasie. Navorsing het reeds bewys dat selfs al rehabiliteer mynhuise die grond waar hulle voorheen steenkool gemyn het, die opbrengs van graangewasse swak is – gewoonlik net 25% van die normale opbrengs. Di? navorsing is gedoen deur dr. Koos Pretorius, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing en ’n kersieboer van Belfast, en prof. Terence McCarthy, ’n kundige aan die Universiteit van die Witwatersrand.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/mielietrust-ondersoek-mynbesoedeling