• Login
  • Search Icon

Landboukunde dalk by die PUK

11 May 2011
Die Universiteit van Noordwes (NWU) op Potchefstroom ondersoek die moontlikheid van ’n Skool vir Landboukunde op die kampus (PUK). Luidens ’n mediaverklaring sê die universiteit daar bestaan in Noordwes ’n behoefte aan uitnemende landboukundiges en dit is hoekom hulle so ’n skool binne die fakulteit van Natuurwetenskappe oorweeg. Prof. Hermann van Schalkwyk, die rektor van die universiteit, het di? aankondiging vroe?r die week gemaak. ‘‘Die dae dat universiteite as ivoortorings gesien word, is verby. Ons moet ons relevansie bewys deur welvaart in die gemeenskap wat ons dien te verhoog en mense se lewens te verbeter.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/landboukunde-dalk-die-puk