• Login
  • Search Icon

Landbank se rol is nog groot

24 Jun 2011
Die Landbank sê sy finansieringsrol in die landbousektor is aansienlik groter as wat van sy mededingers en die media wil voorgee. Die bank sê hy dra 25,4% van die landbou-skuldboek by en nie 8% soos onlangs in ’n debat oor landboufinansiering beweer is nie. In ’n verklaring waarin beswaar gemaak word teen die verdraaiing van die Landbank se rol in landboufinansiering, word gesê die jongste verslag van die departement van landbou, bosbou en visserye dui daarop dat die totale landbouskuld aan die einde van Desember verlede jaar R57 miljard beloop het waarvan R14,5 miljard of 25,4% skuld is wat by die Landbank aangegaan is.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/Landbank-se-rol-is-nog-groot-20110623