• Login
  • Search Icon

Lae kostes sleutel tot voedselsekerheid

08 Jun 2011
Die Regering sal planne moet beraam om kostestygings teen te werk en produktiwiteit te verhoog om voedselsekerheid te verseker. S? sê prof. Hermann van Schalkwyk, ’n landbou-ekonoom en die rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit. Hy sê die prysstygings, soos kragtariewe, ho?r brandstofpryse, asook stygende vervoerdifferensiale, wat die sektor sedert April teister, kan op die ou end lei tot ’n laer aanbod van sekere produkte. Van Schalkwyk sê kostestygings kan op lang termyn daartoe lei dat boere oorskakel van produkte waarvan die verwagte marges baie laag, nadelig of riskant raak, na produkte met ho?r marges, wat tot ’n verandering in aanbod kan lei.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/lae-kostes-sleutel-tot-voedselsekerheid