• Login
  • Search Icon

KZN-gebied afgesper vir bek-en-klou

23 Mar 2011
Die gebied oos van die R66 en noord van die Mfolozi-rivier in KwaZulu-Natal is gister deur me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, tot bek-en-klouseer-gebied verklaar. Dit volg n? weke van toetse op diere in di? gebied om vas te stel hoe algemeen die siekte voorkom. Ten spyte van al die toetse kon die departement nog nie die virus isoleer wat vir die uitbreking van bek-en-klouseer verantwoordelik is nie. Die hulp van ’n laborato?rium in Brittanje is al ingeroep om die virus te help identifiseer.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Landboubesigheid/KZN-gebied-afgesper-vir-bek-en-klou-20110323