• Login
  • Search Icon

Kunsmisbedryf begaan oor olieprys

14 Sep 2011
Die wisselvalligheid van die internasionale olieprys gee die kunsmisbedryf tans hoofbrekens, sê dr. Gert van der Linde, direkteur van die Misstofvereniging van SA. Hy sê terwyl kunsmispryse in 2007 en 2008 drasties gestyg het, het oliepryse ook ‘n drastiese styging aangeteken. “Toe di? pryse weer begin daal, het die pryse van kunsmis weer begin daal,” vertel Van der Linde. Hy het tydens die 11de AMT-kongres in Pretoria sy kommer uitgespreek oor die huidige wisselvalligheid van oliepryse, asook oor voorspellings dat dit gaan styg, en die uitwerking daarvan op die bedryf. “Olie word gebruik om verskeie produkte van kunsmis te produseer, en om di? produkte en die eindprodukte te vervoer, beteken n?g olie-verwante kostes.” Van der Linde sê een van die plaaslike bedryf se grootste uitdagings is dat hy prysnemers en nie prysleiers is nie.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/sch-ssler-bel-landboutoerusting