• Login
  • Search Icon

Kunsmis: Hersien riglyne

05 Sep 2011
Riglyne vir kunsmisgebruik moet hersien word om volhoubare produksiestelsels te verseker, het dr. Johan van Biljon, projekdirekteur van Africa en Farmsecure, op die Misstofvereniging se tegniese simposium by die WNNR in Pretoria gesê. Met ’n geskatte bevolkingsaanwas van tot 10% teen 2050 en ’n toename in lande met ‘n waterskaarste (20 tot 52), moet voedselproduksie met 70% verbeter vir voedselsekerheid teen 2050, aldus die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie. “Daar is net 40 jaar tyd daarvoor. Dit beteken navorsers en landboukundiges se werk is uitgestippel.”

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kunsmis-hersien-riglyne