• Login
  • Search Icon

Koring: Oesskatting verlaag

25 Nov 2011
Die verwagte produksie van koring is sowat 1,8% minder as die vorige skatting, sê die Oesskattingskomitee. Volgens die jongste oesskatting is Suid-Afrika se verwagte produksie van koring 1, 808 miljoen ton, wat sowat 1,8% minder as die vorige skatting is. Luidens ’n nuusverklaring sê die Nasionale Oesskattingskomitee die vorige skatting het op 1, 842 miljoen ton te staan gekom, met ’n opbrengs van 2,99 ton per hektaar.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/koring-oesskatting-verlaag