• Login
  • Search Icon

Koring: JSE sluit kontrak met Kansas

20 Mar 2012
‘n Nuwe buitelandse verwysingskontrak, wat op harde rooi winterkoring fokus, word vir die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se graanportefeulje beplan. Luidens ‘n verklaring sal die kontant-termynkontrak die Stad Kansas se Raad vir Handel (KCBT) se maatstaf vir pryse as verwysing gebruik. Die JSE sê di? kontrak is voordelig want harde rooi winterkoring is dieselfde tipe koring as Suid-Afrikaans geproduseerde koring. Die maalgehalte daarvan is dus dieselfde, en dit sal markdeelnemers in staat stel om di? produk ook te oorweeg wat hulle risikobeplanning rakende koring betref.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/koring-jse-sluit-kontrak-met-kansas