• Login
  • Search Icon

Kommer oor onwettige waterverbruik

24 May 2011
Tot soveel as 40% van die waterverbruik deur nywerhede en boerderye langs die Vaalrivier stroomop van die Bloemhofdam is moontlik onwettig. Mnr. Ashwin Seetal, ’n waterbestuurspesialis en konsultant vir die Departement van Waterwese, het op ’n besproeiingskonferensie van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut en Sasol Nitro op Villiers gesê tot soveel as 203 miljoen kubieke water word jaarliks moontlik onwettig uit di? deel van die Vaalrivier onttrek. Die aantal eiendomme langs die rivier waarop water onwettig verbruik word, is sowat 1 100.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kommer-oor-onwettige-waterverbruik