• Login
  • Search Icon

Kies voedsel bo biobrandstof

22 Jun 2011
Bio-brandstofplanne moet agter voedselsekerheid in die ry staan solank daar nog mense is wat honger ly, meen ’n humanitêre organisasie. Dit is die standpunt van die Deutsche Welthungerhilfe-organisasie tydens ’n debat oor voedselsekerheid en biobrandstof by die 2011 Global Media Forum in Bonn, Duitsland. “Ons moet eerstens die reg op voedsel gereed hê voor daar gekyk word na biobrandstof,” het me. B?rbel Dieckmann, die hoof van di? organisasie, gepleit. Die organisasie is een van die grootste humanitêre organisasie in di? land wat hulp verleen en met regerings onderhandel. Dieckmann het saam met vier ander kundiges aan ’n ernstige paneelbespreking oor die kwessies deelgeneem. Verskeie voor- en nadele ten opsigte van die produksie van biobrandstof is tydens die sessie bespreek.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kies-voedsel-bo-biobrandstof