• Login
  • Search Icon

Kenia gee groen lig vir GM mielies

19 Jul 2011
Kenia het sy grense vir die invoer van geneties gemodifiseerde (GM) mielies oopgestel in ‘n poging om die hongersnood in di? land aan te spreek. Luidens ‘n berig op Allafrica.com het die land ‘n begroting van nege miljoen Keniaanse sjielings goedgekeur om die land se kosvoorraad te vermeerder. Na raming het sowat 1,3 miljoen Keniane dringend dringend voedselhulp, wat deur veral die erge droogte in di? land veroorsaak word. Volgens die ministerie van openbare gesondheid in di? land sal slegs meulenaars toegelaat word om die GM mielies in te voer en dit mag slegs gebruik word om te maal vir meel. “Geen GM produk sal gebruik word as saad nie,” lui ‘n verklaring.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/kenia-gee-groen-lig-vir-gm-mielies