• Login
  • Search Icon

Jan Taks erken impak op boere, sê Agri SA

07 Jun 2011
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is bewus van die negatiewe impak wat laat uitbetalings van BTW op boere kan hê en het Agri SA verseker dat die agterstand so spoedig moontlik uitgewis sal word. S? sê Agri SA nadat hy met die SAID vergader het om die ernstige probleme met die terugbetaling van BTW aan boere te bespreek. Veral boere in die Vrystaat word geraak, maar die laat betalings geld alle bedrywe en nie net landbou nie. Die SAID het belowe dat, waar van toepassing, rente wel verreken sal word. Volksblad het vroe?r berig die sloerdery met die uitbetalings het veroorsaak dat boere en dorpe ’n kontantvloeiprobleem ontwikkel het.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Jan-Taks-erken-impak-op-boere-se-Agri-SA-20110606