• Login
  • Search Icon

Invoer van mielies dalk moontlik

30 May 2011
Van ’n oorskot van 4 miljoen ton tot invoer binne 18 maande. D?t is wat die Suid-Afrikaanse mieliemark binnekort kan tref as die flink uitvoertempo waarmee die nuwe bemarkingsjaar begin het, voortduur. As dit wel gebeur, kan dit groot verligting vir mielieboere bring wie se produsentepryse die afgelope drie jaar nou al deur oorskotproduksie tot selfs onder uitvoerpariteit gedruk word. Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het op die Nampo-Oesdag bespiegel dat die land dalk teen Desember sal moet mielies invoer. Di? verwagtinge is gegrond op ’n groot sprong in uitvoer sedert die nuwe bemarkingsjaar op 1 Mei begin het.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/invoer-van-mielies-dalk-moontlik