• Login
  • Search Icon

Inspeksies op Vrystaatse plase frustreer

14 Jun 2011
Die landboubedryf in die Vrystaat is di? week in die Arbeidsdepartement se visier met blitsinspeksies wat gedoen word en groot ongemak n? vloede en swaar re?n veroorsaak. Mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou (VL), sê hulle is nie amptelik oor die blitsveldtog in kennis gestel nie. “Ons hoor maar daarvan deur die media en van die boere wat ons bel omdat hulle aangesê word om die inspekteurs eenvoudig te ontvang. Daar is hoeveel boere wat di? week skarrel om lande reg te kry en skade te bereken n? die groot re?n van verlede week. "Ander probeer om hul oeste van die lande af te kry. ’n Boer het vroe?r gebel en gesê hy het vir ’n inspekteur gesê hy moet maar n? vyf kom, want omdat dit nie vooraf gere?l is nie, kan hy hom nie eenvoudig help nie,” vertel Vermeulen.

http://www.landbou.com/nuus/nuus-artikel/inspeksies-op-vrystaatse-plase-frustreer